Skip to content

Bosverlustinge en -verlangens

Julie 29, 2012

Ons het hierdie naweek op ‘n plaas met die naam Last Post (oor die ou ‘Poskantoor’ wat in ‘n wildevyboom op die plaas is en laas deur ossewas wat hier verbygekom het, gebruik is) gaan kuier. Dis tussen Polokwane en Makhado gelee en die geriewe was tente, geen elektrisiteit, paraffienlampies wat op strategiese plekke opgehang is en ‘n waterprobleem wat op Saterdagoggend ontstaan het en toe na ‘n ruk opgelos is.

Ek is ‘n stadsannie maar ek het die tyd van my lewe gehad tydens hierdie rustic ervaring. Ek het ‘n paar verassende en ‘n paar gewoon lekker indrukke en ervarings saam teruggebring. Dit kan soos volg opgesom word:

–     Kondensmelkkoffie langs die vuur is die lekkerste koffie ooit. ‘n Koffiepot word op die vuur gesit en later word ‘n kool in die koffie gedruk sodat die moer kan sak. Dan drink mens dit met kondensmelk in plaas van melk terwyl jy jou voete by die vuur warm maak.

 –   Dis om nie om te gee dat jy vir twee dae lank nie bad nie. Dis hoekom Dettol Wet Wipes ontwerp is (bless sommer die ontwerper ook).

 –   Dis absolute welgeluksalige heerlikheid van die eerste warm stort  deur die paraffiendonkie voorsien na bogenoemde twee dae se wipes. (Bless sommer die donkie-ontwerper dubbel.)

 –   Tandeborsel sonder water is fine. Sluk die tandepasta in. Eintlik is dit baie doeltreffend so.

 –   Dis om alleen ver op ‘n grondpaadjie te gaan stap en te luister na hoe stil dit is. Net nou en dan vlieg ‘n voël op. Dis ook om glad nie bang te wees nie.

 –   Dit het vir my ‘n  hartswens vir meer plaaskuiers tot gevolg gehad : sodat ek ook die name van voëls en bome kan leer ken.

 –   Dis om dapper te raak en in die nag te gaan stap en die kinders te vra om hul kopligte te af te sit omdat die maan helder genoeg skyn. Die bome is wit en doodstil in die indigo-nag en ek wou dit beleef.

 –   Dis om lekker te kry om te sien hoe twee stadskinders die twee kinders wat in die natuur grootgeword het, help om klippe om te draai om te sien wat daaronder leef.

 –   Dis om te glimlag in jou tent wanneer jy die natuurma hoor roep na haar kinders wat die vallei af is – stadskinders agterna. Sy wil hulle darem net so nou en dan hoor en weet hulle is nie besig  is met gevaarlike goed soos om met slange te speel nie.

 –   Dis om deur iets diep en onverklaarbaar binne jou verras te word: iets wat jou sonder huiwering vir die eerste keer ‘n bokdrolletjie in jou mond laat druk om te sien of jy verder as die locals kan spoeg.

 –   Dis die verfrissende en selfs bevrydende gevoel van ‘n koel bries oor jou kaal boude in die veld terwyl jy (uiteindelik) jou eerste veltie regkry.

Advertisements
6 Kommentaar leave one →
  1. Julie 30, 2012 7:27 AM

    Ek hoor jou, ek hoor die naggeluide en veral voel ek daardie koel bries. Dankie dat jy my nou gou saamgevat het om iets van jou avontuur te beleef.

    • Julie 30, 2012 8:47 AM

      Dankie, Kristel. Ek was gisteraand so poegaai dat ek ‘n paar typo’s gemaak het (wou dit neerkry voordat ek vergeet). Maar ek dink dis nou okay.
      Die kamp was so lekker, die natuur is goed vir ‘n mens, ne. En daai koel bries was allerheerlik.

  2. Julie 30, 2012 11:20 AM

    Klink, uhm wel, na aan die natuur… Maar soms moet mens, net om weer balans te kry.
    PS – Wil jy nie asb oorweeg om by jou widgets ‘n skakel te sit waar mens kan kliek om e-pos te kry van nuwe inskrywings nie?

    • Julie 30, 2012 6:46 NM

      Ek het die widgets tot dusver geignoreer want ek weet nie wat dit is nie. Ek sal vinnig kyk of ek dit regkry. Is vanaand op soek na Canon editing sagteware. Het myne verloor.

  3. Julie 31, 2012 3:45 NM

    ek is glad nie ‘n kampmense nie, maar ek moet se – dit klink na ‘n great ervaring wat julle gehad het. mooi geskryf … love it … 😉

    • Augustus 6, 2012 10:55 AM

      Ja-nee, ek soek nogal elke dag my bad. Maar, as mens twee dae nie gebad het nie is die eerste stort wonderlik lekker 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: