Skip to content

Genade

September 14, 2012
tags:

Ter wille van my geesteswelstand kyk ek nie meer nuusprogramme nie. Nou die dag sit ek egter op ‘n oefenfiets in die gym na die ry televisieskerms voor my en kyk toe my oog die beelde van slagting en terreur  vang: die krisis in Sirië. En soos dit met hierdie morbiede fassinasie gaan, kry ek my oë nie weggeskeur van die klein skermpie nie en sien ek hoe kinderliggame versigtig op ‘n bakkie, waarop daar reeds ‘n klomp liggaampies lê, gelaai word. Ek sien hoe mense familie en vriende sommer so op straat moet uitken. Groen bodybags word aan die  bokant oopgerits, daar word  na die gesig binne die sak gekyk en dan volg die skokreaksies, ‘n kreet, ‘n kop wat sonder ophou  in ongeloof geskud word . Trane stroom oor wange, ‘n gesig vertrek.  Al hierdie tonele is aaklig maar ek bly kyk.

En toe sien ek dit;  die toneel wat my tot die dag van my dood sal bybly.  ‘n Dokter, grys by die slape, stetoskoop om die nek, laat sak sy gesig in sy hande en sy skouers begin ruk.  Hy huil. ‘n Dokter huil.

Hierdie toneel het lank by my gespook en ek het besef dat ek iets positief hierin sal moet kry om dit draaglik te maak.  Dit is toe dat ek onthou van my vriendin Judy wat so twee jaar gelede met ‘n genadeskip, ‘n hospitaalskip, teen die ooskus van Afrika opgevaar het om pasiente te behandel. Almal wat op die skepe werk is vrywilligers, maar meer as dit, almal betaal vir hul verblyf op die skip, om sodoende meer geld beskikbaar te stel vir waar die nood is, by die arm pasiënte.  Dokters, sjirurge, ingenieurs, bemanning, skoonmakers, kokke, álmal betaal om daar te wees. Judy het talle dokters ontmoet wat boonop hul vakansies op die skip deurgebring het.

Sien, herinner ek myself, daar is geweldenaars en moordenaars onder ons wat wild rondhardloop en verwoestende pyn saai, maar daar is ook mense wat baie opoffer om te help heelmaak. En dít durf ek nie vergeet nie.

www.mercyships.org.za

Advertisements
3 Kommentaar leave one →
  1. September 14, 2012 6:51 NM

    Jy moet tog dat Liana Hilliard jou vertel van die werk wat die organisasie doen, waarby sy betrokke is/was. Dis dieselfde gevoel, ‘n stooihalm van goedheid van die mens.

  2. September 14, 2012 8:27 NM

    Ja, ek het eenkeer ‘n Youtube clip gekyk wat sy aangestuur het, Trisa. Dit was wonderlik om te beleef.

  3. September 17, 2012 4:04 NM

    Ek dink ons moet meer oor genade dink en skryf. Daarsonder en die “goodness of others” is dié wêreld van ons ‘n harde een.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: