Skip to content

Searching for Sugar Man

Oktober 29, 2012

 

Facebook-vriende weet hoe beindruk ek was met die dokumentêre film, Searching for Sugar Man. Die feëverhaal van Rodriguez, onbekend in sy tuisland en die res van die wêreld maar vreeslik bemind – sonder sy medewete –  in Suid-Afrika in die seventies, het my diep geraak. Soveel so, dat dit behoorlike selfondersoek en ‘n biegsessie tot gevolg gehad het.

Dis nie die feëverhaal-aspek wat my geroer het nie, eerder Rodriguez se aanvaarding van sy situasie en sy absolute nederigheid. Veral laasgenoemde het my my kop in skaamte laat sak. Ek het so gekerm omdat my mees onlangse roman deur die uitgewer se bemarkingscracks geval het, ek nie in die Afrikaanse Skryfgids erkenning kry as een van die eerste Afrikaanse chick lit skrywers nie, omdat omtrent niemand van die boek weet nie en so aan en so voorts.

In die film vra die onderhoudvoerder Rodriguez (‘n kunstenaar ‘n duisend keer my meerdere) hoe hy daaroor voel dat hy en sy plate dit nie gemaak het nie. Hy antwoord met, “There are no guarantees, it’s the music business”. Geen bitterheid, geen trane. En net daar kry ek die boodskap. Skryf weer fiksie, hou maar net aan om jou woorde uit te ryg en hopelik uit te kry na die mark. Dis so eenvoudig want dit gaan oor selfaktualisering.

Van nou af sal ek my bes probeer om geen verwagtinge van erkenning vir my stories te hê nie. Dit gaan nie maklik wees nie, maar ek sal skryf omdat ek regtig nogal leeg voel daarsonder en in die proses hoop ek ‘n klompie mense lees tog my stories en dat hulle iets daaruit kry, al word hulle net vermaak. Kyk wat is Orwell se tweede motivering oor hoekom ‘n skrywer skryf: “Perception of beauty in the external word, or on the other hand, in words and their right arrangement. Pleasure in the impact of one sound on another, in the firmness of good prose or the rhythm of a good story. Desire to share an experience which one feels is valuable and ought not to be missed.”  Dít is my motivering.

Laastens, ek gaan hierdie lyne uit Rodriguez se “Forget It” iewers opplak waar ek dit elke dag kan sien, net vir ingeval:

But I’ve seen your self-pity showing
As the tears rolled down your cheeks

Praat van die mag van kuns! Ek voel bevry nadat ek Searching for Sugar Man gesien het.

Advertisements
11 Kommentaar leave one →
  1. brieweuitdievreemde permalink
    Oktober 29, 2012 4:48 NM

    Goeie beleid, om geen verwagtinge te he nie. Kyk soms na sekere ‘onbekende’ Afrikaanse sangers wat sulke vreelike goeie musiek maak, maar nie juis enige erkenning of geld kry daarvoor nie. En tog hou hulle ook net aan – goed so 🙂

  2. Flenters permalink
    Oktober 29, 2012 8:27 NM

    Ek het ook gehoor iemand sê jy skryf op jou beste as jy nie skryf nie……

    Wanneer die woorde kom, dan kom hulle reg want stilweg is hulle baie male geweeg en gepoleer.

  3. Nick van der Westhuizen permalink
    Oktober 31, 2012 3:05 AM

    Maak my dink! Jy het die moed om te skryf en nie te erken word nie. Daar is heelwat mense, myself ingesluit wat nie die moed kan bymekaar krap nie. Ek weet ek het net n bietjie plek vir rejection, nie baie groot plek nie, klein klein klein.
    Ek het ook n storie oor musikante, jy het dit dalk al gelees maar ek dink kort kort aan dit as ek slegte musiek (volgens my) hoor. Die eerste paar weke toe ek in die VSA aangekom het, het ek gereeld by Venice Beach gaan kuier, jy weet die speel plek van Jim Morrison. Eendag sit ek en luister na die twee ouens op straat, straat ouens weet ek omdat ek hulle gevra het. Een met sy Fender Strat en die ander ou op n tenor Sax, en hulle speel en mooi. Nie lank nie kom een van hulle maats daar en vra hulle of hulle gehoor het, so en so is gestraand dood aan n OD speedball. Die twee sit daar verstom vir n ruk en net daarna breek hulle weg met hierdie jam session wat ek nog nooit gehoor het nie en ook nooit sal hoor nie.. Die sax amper soos die groot ou wat vir die Boss gespeel het en die lead kan mens sê amper soos Jimi homself. So goed ja so goed. Daarna gaan praat ek toe met hulle en ek wens ek het beter notas geneem omdat dit dalk een van my eerste stories kon wees.
    Hulle storie is dat hulle al meer as vyf jaar daar in LA op straat speel, het altwee van verskilinde plekke daar aangekom om hulle naam te kom maak in die musiek wereld. Maar die masjien spog hulle gereeld uit. En hulle bly maar daar omdat dit beter is as die plek waar hulle vandaan gekom het iewers in die binneland, ek onthou nie meer waar nie Idaho, Iowa so iets.
    Vir my daai tyd en nog nou was hulle die braafste mense wie ek ooit ontmoet het en hulle beginsels sterker as die grootste kerkmens wat ek ooit geken het. Dwelms het hulle lewe so n bietjie verduister, maar hulle bly by hulle musiek.
    Ek dink baie daaraan en ook hoe sekere musiek dan so populêr word al is daar niks in die musiek behalwe die bemarking.
    Lank leef die mense wat weer probeer.Viva aanhouer wen.
    Nou daar my eerste storie;)

  4. Oktober 31, 2012 10:10 AM

    Nadia, een van die lekkerste dinge van blog is die kruisbestuiwing en inderdaad verryking wat plaasvind. So, sou ek nou lank nie van hierdie rolprent bewus gewees het nie, maar nou het jy dit onder my aandag gebring; so ook die Waterboys boek. Ek gaan ‘n punt daarvan maak om hierdie fliek te sien (dit het 95% op Rotten Tomatoes gekry). En wat jy se oor erkenning is ook baie waar. Ek dink mens besef ook maar op die ou-end dat as mens wil aanhou skryf (skilder/sing ens.) jy dit maar eintlik vir jouself doen en die erkenning moet vergeet. Hier dink ek aan ouens soos Gert Vlok Nel. Jou skrywe bring ook weer hierdie waarheid by my tuis. Dankie!

    (Terloops, van die ongelooflikste kunstenaars wat ek ken, is ook ongelooflike swak selfbemarkers – iets waaraan ek ook ly)

  5. November 13, 2012 6:38 AM

    oei, nog steeds nie gaan kyk nie ..!!

  6. November 15, 2012 8:30 NM

    Dit was ‘n wonderlike fliek ervaring! Ek het ‘n hele paar trane gestort in die donker teater en sommer direk en doelbewus daaruit gestap en ‘n “Sugarman” CD gekoop (ek weet my ou een is iewers in ‘n boks iewers of iewers anders). Soos met jou konfronteer dit my ook met dit was sukses beteken en oor die kwaliteit van die “produk” wat elkeen van ons uitdruk. Net soos Rodriguez kan ons seker maar net aan ons “art” werk en beitel! Hou aan skrywe Nadia, stel ons meer voor aan beauty!

    • November 15, 2012 9:12 NM

      Ai Anton, ek het geweet jy sal van die fliek hou. Ek was regtig ‘n bietjie verdwaas daarna. Baie dankbaar dat ek dit gesien het, ek dink regtig ek het as mens bietjie gegroei. Ek gaan beslis uitkyk vir die DVD ook. En ja, hoe gaan dit met jou skrywery (en met jou?) Kry jy meer tyd?

      • November 16, 2012 1:45 NM

        Nadia, dit gaan heel goed. Net jammer van hierdie tragies verkoue waarmee ek stoei! Die skrywery sukkel tussen werk verpligtinge deur en dan is dit steeds ‘n nuwe venture wat nog patroon moet kry. Maar dit is in my gedagtes en soms op my rekenaarskerm! Huidiglik is dit ongelukkig ‘n geval van ek wat minder tyd kry. Gelukkig sal dinge binnekort begin rustiger raak voor Desember.

        Ek was skoon verbaas toe my ma my ook nou die dag sms en sê sy het Sugarman so geniet (my pa was nie heeltemal op dieselfde ervaring nie). Wonder wat sy sal doen as ek die CD vir Kersfees vir haar gee? :~)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: